Die Ding

Toe die Ding uiteindelik tot stilstand ruk
kom die mense saamgedrom

Om die hygende stuk yster
oor die eeue geplak, gemoer en gepleister

Slimmes, dommes, en spotters
leiers, luiaards en drosters

Elk 'n man met 'n kuur
wat voorspelbaar vinnig versuur

Want slapgat verskonings en goedkoop kwaksalwery
sal die Ding nie weer aan die gang kan kry

Maar wie het nou tyd vir 'n ordentlike overhaul?
plugs gaskets en all

so ons spoeg en plak maar weer
en spog -- ons het mos probeer!

Die Ding begin toe weer loop
meestal op ou olie, gebede en hoop

dat die Ding tog sal aanhou proes en spartel
tot ons daai laaste silwer kan verkwansel

---X---